Marie Curie

Marie Skłodowska-Curie
Geboortenaam Maria Salomea Skłodowska
Gebore 7 November 1867
Warskou, Russiese Ryk (tans Pole)
Oorlede 4 Julie 1934 (op 66)
Passy, Haute-Savoie, Frankryk
Blyplek Pole, Frankryk
Nasionaliteit Vlag van Pole Pole (deur geboorte)
Vlag van Frankryk Frankryk (deur huwelik)
Vakgebied Fisika, chemie
Instelling(s) Universiteit van Parys
Alma mater Universiteit van Parys, ESPCI
Doktorale promotor(s) Gabriel Lippmann
Doktorale student(e) André-Louis Debierne
Óscar Moreno
Marguerite Catherine Perey
Bekend vir Radioaktiwiteit, Polonium, Radium
Toekennings Nobelprys vir Fisika (1903)
Davy-medalje (1903)
Matteucci se medalje (1904)
Elliott Cresson se medalje (1909)
Albert se medalje (1910)
Nobelprys vir Chemie (1911)
Willard Gibbs se toekenning (1921)
Handtekening
notas Sy is die enigste persoon wat 'n Nobelprys in twee verskillende wetenskappe gewen het.

Marie Curie (gebore Maria Salomea Skłodowska; 1867-1934) was 'n Poolse natuur- en skeikundige. Sy was 'n pionier op die gebied van elektromagnetiese straling en het twee nuwe radioaktiewe stowwe, polonium en radium, ontdek. Sy is met twee Nobelpryse bekroon en was ook die eerste vrou wat een ontvang het.[1] Marie Curie ontvang in 1903, saam met Henri Becquerel en haar eggenoot Pierre Curie, die Nobelprys vir Fisika[2] en in 1911 die Nobelprys vir Chemie.[3]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "The Nobel Prize in Physics 1903" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2018. Besoek op 8 Oktober 2017.
  3. "The Nobel Prize in Chemistry 1911" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2018. Besoek op 8 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search